Abstrakte Denke
Die Psigologie-Woordeboek (Louw et al., 1979) definieer abstrakte denke as ‘n denkaktiwiteit waarin met abstrakte begrippe of simbole geopereer word eerder as met voorwerpe of voorbeelde. Wanneer ‘n persoon bv. die oppervlakte van ‘n reghoek deur middel van die formule lengte x breedte bepaal maak hy gebruik van abstrakte denke, maar wanneer hy dit doen deur dit in blokkies van 1 cm2 op te sny en die blokkies te tel, maak hy gebruik van konkrete denke. Die hoogste vorm van abstrakte denke word in die wiskunde en formule logika aangetref waar slegs simbole gebruik word wat nie op konkrete voorwerpe betrekking het nie.
|