| Tuisblad I Meer Oor Ons I Suksesverhale I Artikels I 'Franchise' I Kontak Ons |
|
Tuisblad |
Voorgrond-Agtergrond-DiskriminasieDit is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei. Die kind moet tussen voor- en agtergrond kan onderskei. Die kind moet sy aandag by die voorwerp op die voorgrond bepaal en die dinge op die agtergrond negeer. Hy moet dus die ding wat belangrik is op die voorgrond bring en die onbelangrike dinge op die agtergrond stoot. As ‘n mens bv. ‘n vriend tussen ‘n groot groep mense wil soek, moet jy al die mense se gesigte op die agtergrond skuif en jou vriend se gesig op die voorgrond bring anders sal jy nooit die persoon kan uitken nie. ‘n Kind wat hier probleme ondervind is geneig om onoplettend en gedisorganiseer te wees. Elke nuwe prikkel lei sy aandag af. ‘n Skielike flikkering, beweging of helder kleur trek sy aandag af en hy kan hom nie by die taak waarmee hy besig is bepaal nie. Dit lyk soms of die kind agterlosig is met sy werk, want hy verloor sy plek op die bladsy, of kan nie sy plek op die bladsy kry en hou nie. Wanneer hy lees,
Hy sukkel om probleme op te los wat op ‘n oorvol bladsy geskryf is, omdat hy nie die fynere besonderhede kan waarneem nie. As die kind gestuur word om ‘n artikel uit die kas te gaan haal, staan hy voor die kas en kan die voorwerp waarna hy soek nie raaksien nie. Voorgrond-agtergrond-probleme word ook by die gehoor ondervind. Normale mense kan ‘n gesprek voer met heelwat geraas in die agtergrond omdat hulle die steurende geluide om hulle uitsluit, maar die kind wat hier probleme ondervind kan nie die geluide om hom uitsluit nie. Al die geluide smelt saam en dit lei tot afleibaarheid en verstrooidheid, met die gevolg dat hy nie sy aandag by die gesprek kan bepaal nie. Die kind op skool kan nie sy aandag bepaal by wat die onderwyseres sê nie. Die klaskamer moet dus op so ‘n manier ingerig word dat dit aandagfluktuasies en afleibaarheid bekamp. Daar moet gewaak word teen mure wat oorvol versier is, want dit kan die kind se aandag aftrek. Prente moet nie te naby mekaar vasgespeld word nie, anders lyk dit vir die kind na een groot bont massa. Die onderwyseres se kleredrag kom ook in die gedrang want enige helderkleurige of blink borsspeld of knope, ens., kan afleibaarheid in die hand werk. |