| Tuisblad I Meer Oor Ons I Suksesverhale I Artikels I 'Franchise' I Kontak Ons |
|
Tuisblad |
10 Dae Bring Merkwaardige Verbetering
|
|||||
|
Vaardigheid getoets: Vormwaarneming Visuele Geheue Ouditiewe Geheue Oogspan Logiese Denke |
Persentasie behaal: 44% 44% 17% 37% 22% |
|
SKAAL: 90%-100% — Baie goed/Ontwikkeling sal vaardigheidsvlak verder verhoog. 80%-89% — Goed/Ontwikkeling sal die vaardigheidsvlak verder verhoog. 70%-79% —Gemiddeld/Ontwikkeling word benodig. 0%-69% — Ondergemiddeld/Ontwikkeling is noodsaaklik. |
|
Aanbeveling
Daar word aanbeveel dat Tiaan vir twee weke uit die skool gehou word en ‘n intensiewe een-op-een kursus by Edublox doen (die kursus strek oor 10 dae, elke dag vanaf 08h00 tot 13h30). Daarna moet hy voortgaan met een of twee Edublox-klasse per week.
Resultate
Aan die einde van die 10 dae-kursus word Tiaan se lees geherevalueer. Die verbetering in sy lees is merkwaardig:
Op die Essi-leestoets, getoets op ‘n Graad 1, derde kwartaal-vlak, behaal hy nou ‘n stanege van 9 (BAIE GOED). Met die eerste evaluasie het hy ‘n stanege van 6 behaal, wat BO-GEMIDDELD is.
Tiaan word weer getoets op ‘n Graad 2, derde kwartaal-vlak. Hy behaal nou ‘n stanege van 6 (BO-GEMIDDELD). Met die eerste evaluasie het hy ‘n stanege van 2 behaal, wat SWAK is.
Getoets op ‘n Graad 3, derde kwartaal-vlak, behaal hy nou ‘n stanege van 5 (GEMIDDELD). Met die eerste evaluasie het hy ‘n stanege van 1 behaal, wat BAIE SWAK is.
Volgens die Essi-leestoets is Tiaan se lees binne 10 dae op peil gebring.
Dit word aanbeveel dat Tiaan voortgaan om een Edublox-klas per week by te woon.
| Dis belangrik om te weet dat Tiaan se vordering tydens die 10 dae een-op-een kursus uitsonderlik was. Tien dae is selde genoeg om ‘n leesagterstand van twee jaar, soos gemeet op die Essi-leestoets, uit te wis. Die Essi-leestoets meet ‘n leerder se sigwoordeskat, dit is sy vermoë om woorde vinnig (outomaties) te herken. Daar word van die leeder verwag om een woord per sekonde te lees sonder om van ontledingstegnieke gebruik te maak. |
Tiaan is ‘n skuilnaam.