| Tuisblad I Meer Oor Ons I Suksesverhale I Artikels I 'Franchise' I Kontak Ons |
|
Tuisblad |
‘n Swak Visuele Geheue Lei tot Swak
|
||||
|
Vaardigheid getoets: Vormwaarneming Visuele Geheue Ouditiewe Geheue Oogspan Logiese Denke |
Persentasie behaal: 72% 36% 87% 38% 33% |
|
SKAAL: 90%-100% — Baie goed/Ontwikkeling sal vaardigheidsvlak verder verhoog. 80%-89% — Goed/Ontwikkeling sal die vaardigheidsvlak verder verhoog. 70%-79% —Gemiddeld/Ontwikkeling word benodig. 0%-69% — Ondergemiddeld/Ontwikkeling is noodsaaklik. |
|
Visuele geheue verwys na die vermoë om te onthou wat gesien is. Dit hou verband met visualisering, wat die vermoë behels om ‘n visuele beeld van ‘n voorwerp wat voorheen waargeneem is op te roep. Verskeie navorsers het beweer dat soveel as tagtig persent van alle leer deur die oë plaasvind, wat beteken dat visuele geheue 'n beslissende aspek van leer vorm.
Die kind met ‘n swak visuele geheue sal moeilik onthou wat hy gesien het. Hy sal dit moeilik vind om dieselfde woord op die volgende bladsy te herken, en mag verkeerd van die bord afskryf.
Die swak visualiseerder sal ook probleme ondervind met spelling. Om ‘n woord korrek te kan spel moet ‘n visuele beeld van die woord opgeroep word. In sommige gevalle kan ‘n woord korrek gespel word op grond van die herroeping van ‘n ouditiewe beeld, maar daar is baie woorde wat nie foneties gespel word nie; in hierdie geval moet ‘n visuele beeld van die woord opgeroep word om dit korrek te kan spel.
Visuele geheue is ook ‘n belangrike grondvaardigheid van Wiskunde.
Aanbeveling
Daar is aanbeveel dat Christian òf twee Edublox-klasse per week bywoon, òf een klas per week en Compublox tuis doen. Compublox is ‘n uitstekende program vir visuele geheue.
Weens werksverpligtinge en afstand kies Christian se ouers die tweede opsie.
Resultate
“Christian se tweede kwartaal rapport het ‘n verbetering in 19 leer areas getoon, vertel sy ma. “Dit was maar omtrent 3 maande vandat hy by Edublox begin het, alhoewel sy onderwyseres steeds op sy rapport aangedui het dat hy nie voldoen aan die slaagvereistes nie.
“Na die Oktobervakansie het my man sy onderwyseres geskakel om uit te vind hoe Christian vorder. Sy was skielik baie positief en het gesê daar is ’n groot verbetering in sy skoolwerk, werkstempo en konsentrasie; hy verstaan die werk beter en as hy so aanhou sal hy wel deurkom. Daar was ‘n wesenlike verbetering in algemene wiskunde, waar hy hoofsaaklik slegs 1’s kon kry vir die grootste gedeelte van die jaar. Hier het hy verbeter tot 2’s en selfs 3’s.
“Wat opmerklik was is hoe baie Christian die klasse geniet het, en hoe hy self tot die besef gekom het dat sy deelname elke Saterdag bydra tot sy ontwikkeling. Hy het die tuisoefeninge daagliks en getrou gedoen. Hy het selfs sy huiswerk onafhanklik begin doen en dit reeds in die middag voltooi — iets wat hy nooit tevore gedoen het nie. Dit was duidelik dat sy selfvertroue om sy werk self te doen en in die algemeen, beduidend verbeter het. Waar daar eens twyfel was oor of hy sal slaag, kon ons nou met vertroue uitsien na Graad 4.”
Die verbetering kan duidelik in Christian se skoolwerk, sowel as sy skoolrapport gesien word:




Tot Augustus 2010 het Christian voortgegaan om een Edublox-klas per week by te woon. Sy Graad 4-rapport wys duidelik dat hy nie meer ‘n druipeling is nie:
