Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Swak Skoolprestasie

  • Het jou kind ‘n leerprobleem?
  • Het hy ‘n konsentrasieprobleem of ‘n swak geheue?
  • Lees hy stadig en hakkelrig, of lees hy met swak begrip?
  • Verwar hy dalk letters soos b en d?
  • Spel hy woorde soos wat hulle klink, soos “sienkie” pleks van “seuntjie”?
  • Sukkel hy om sy volle potensiaal te bereik?

Hierdie is net ‘n paar van die probleme wat by die Edublox Lees- en Leerklinieke hanteer word.

By Edublox spreek ons die oorsake van leer- en leesprobleme aan. Omdat ons die oorsake aanspreek, en nie die simptome nie, is ons in staat om leer- en leesprobleme effektief op te los.

Swak kognitiewe vaardighede is die algemeenste oorsaak van leer- en leesprobleme. Onderliggende kognitiewe vaardighede — konsentrasie, ouditiewe prosessering, werkende geheue, ens. — moet sterk wees voordat mens effektief en maklik kan lees, dink, prioritiseer, verstaan, beplan, onthou en probleme oplos.

Baie kinders raak gefrustreerd met skoolwerk omdat hulle nie die kognitiewe vaardighede het wat nodig is om inligting behoorlik te kan verwerk nie. Honderd en dertig studies het bevind dat 88% van swak lesers beduidend swak presteer in een of meer kognitiewe vaardighede. Dit kan met reg gesê word dat leer en lees sonder ‘n sterk kognitiewe fondament is soos om sonder vlerke te probeer vlieg.

Die goeie nuus is dat kognitiewe swakhede reggestel kan word. Die sleutel is om die spesifieke swakhede te identifiseer, en dan te verbeter deur middel van onderrig en oefening. Dis reg, kognitiewe vaardighede kan verbeter en versterk word.

Kontak ‘n Edublox Lees- en Leerkliniek vandag sodat ons jou kind hierdie fundamentele vaardighede kan leer, hom ‘n selfstandige leerder maak, en hy die genot van prestasie kan smaak. Dis ‘n belegging — vir altyd!