Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Suksesverhale

Klik hier om na video-onderhoude te kyk, klik hier om gevallestudies te lees, klik hier om die nuutste getuigskrifte te lees, of lees die getuigskrifte hieronder:

From: Katinka [mailto:kladeira@polysphere.co.za]
Sent: Friday, September 11, 2015 11:39 AM
To: nicolene@edublox.com
Subject: Vordering: Ruan Ladeira

Hi Nicolene,

Ek wou maar net laat weet het. Ruan se juffrou het gesê dat ek haar so 6 weke nadat hierdie kwartaal begin het, moet kom sien dat ons kan gesels oor Ruan se vordering. Ek het haar gister gesien en sy is baie tevrede. Sy lees het 100% verbeter, hy hak nie meer vas en klank die woorde nie, hy lees nou vlot. Sy begriplees kort wel nog aandag, maar sy verstaan dat dit ‘n proses is. Sy is baie verbaas oor die verbetering wat hy toon vir die kort tydperk wat hy Edublox doen. Hy het mos eers die einde van die eerste kwartaal daarmee begin.

Jy het met die aand toe ons ouers daar was, genoem van Mathblox en dat julle hulle baie help om tyd te leer en te verstaan. Dis nogal een afdeling waarmee Ruan sukkel, alhoewel sy ander Wiskunde baie goed is. Julle bied nie dalk net ‘n kort Mathblox kurses aan wat net oor tyd handel nie?

Groete



From: Nienaber, M. (Monique)
Sent: 03 September 2015 10:10 AM
To: susan@edublox.com
Subject: Imke Nienaber

Hi Susan

Net bietjie terugvoering oor Imke by die skool.

Sy het vir haar weeklikse spel toets 14 uit 15 gekry. Die beste wat sy nog ooit gedoen het. Haar Juffrou was so beindruk met haar leesvordering, dat sy haar na ‘n ander Juffrou gevat het om te hoor hoe goed sy verbeter het.

Wil net sê Baie Dankie aan jou en jou personeel, ek weet ons gaan nog lang pad stap, maar dit is so die moeite werd en bemoedigend as mens sulke nuus hoor!!

Monique Nienaber


From: janeanoosthuizen@gmail.com [mailto:janeanoosthuizen@gmail.com]
Sent: Monday, July 20, 2015 5:18 PM
To: nicolene@edublox.com
Subject: Marie Comhaire
Importance: High

Hi Nicolene,

Graag wil ek van hierdie geleentheid gebruik om om vir jou baie dankie te se vir wat julle vir Marie doen. ‘n Mens kan duidelik ‘n verbetering in haar skoolwerk sien. Vir ‘n kind wat laas jaar September op Graad 1 vlak gelees en spel het dink ek sy doen besonders goed. Waar sy laas jaar nie haar asseserings in die klas kon gedoen het nie doen sy nou so goed in dit. Hier kan jy duidelik sien hoe haar punte verbeter het:

Marie Comhaire

Rapport

Om te dink baie mense het vir my gesê ek moet haar liewers in ‘n skool sit wat kinders soos sy kan help. Ek het op ‘n goeie manier geleer dat ‘n kind met ‘n leerprobleem wel gehelp kan word indien mens hulle op hulle manier help leer.

Skoolwerk is nou lekker. Ons leer op haar manier en dit maar so ‘n groot verskil. Sy konsentreer baie beter vandat sy by julle is. Sy glo weer in haarself en glo sy kan dit doen. Laas jaar het sy geglo sy is dom maar nou is sy so gemotiveerd. As sy haar rapport oopmaak en sien hoe sy gedoen het dan besef ek al hierdie harde werk is die moeite werd.

Dankie vir julle. Dankie dat julle my kind weer in haarself laat glo het. Sy is reg vir kwartaal 3 en wil beter doen as wat sy gedoen het. Julle het gehelp meer as wat julle ooit kan besef.

Ek sal Edublox enige tyd aanbeveel vir enige ouer. My kind lees baie beter en sy verstaan nou wat sy lees. Hier waar ek as ouer sit weet ek dat enige kind gehelp kan word met die regte onderrig en hulp.

Dankie Edublox Krugersdorp. Nicolene julle doen wonderlike werk. Ek dink wat so baie help is omdat jy as ouer verstaan hoe ons as ouers voel. Disleksie is nie die einde van die wêreld nie. Dit is maar Unieke kinders wat op Unieke maniere moet leer. Leer is nou soveel prêt in ons huis.

Duisende dankies.

Janean Oosthuizen


Marietha en Wouter de Vos: “Danie het by ‘n vrou tuis onderrig ontvang vanaf graad 3. In die tyd wat hy daar was het ons baie goeie rapporte gekry en ons was gerus aangesien sy beweer het dat sy saam met ‘n privaatskool in die dorp werk en dat die werk dus op standaard is. Na verskeie uitvalle oor sy ADHD-medikasie het ons hom uitgehaal en in die privaatskool saam met wie sy sogenaamd gewerk het ingeskryf. Binne ‘n maand is ons ingeroep en meegedeel dat hy te ver agter is en dus al die ander kinders in die klas agterhou.” Lees verder...


Lizette Joubert: “Maré-Louise het altyd uitstekend in haar toetse en eksamens gevaar, maar ek moes ure en ure saam met haar sit en haar help. Dit het regtig baie lank geneem om deur haar werk te gaan en te leer. Ek het ‘n afspraak by Edublox Paarl (Louna Spies) gemaak. Op 2 November 2013 was Maré-Louise vir ‘n assesering. Na assesering was dit duidelik gewees dat sy intensiewe aandag nodig het.” Lees verder...


Petra Botes: “My 12-jarige seun Gershwin het aan die begin van Graad 6 probleme ondervind met Afrikaans, Engels en sy leervakke. Eksamens was ‘n marteling; ons het lang ure ingesit om die werk vas te lê vir die eksamen. Hy het sy alles gegee maar nadat hy sy rapport ontvang het, het hy sy leervakke gedruip: Geografie: 43%, Natuurwetenskappe en Tegnologie: 34%, Geskiedenis: 25%.” Lees verder...


Annalize Lombard: “Wiehan het swak gevaar op skool. Sy grootste probleem was lees en spelling, leesbegrip en konsentrasie. Wiehan raak gou senuweeagtig in ‘n vreemde omgewing of sodra hy in die ‘lig’ geplaas word. Ek het Edublox genader as ‘n bekommerde ouer en die feit dat ek Wiehan wou help. Wiehan het in Julie 2014 by Edublox begin. Binne ‘n paar weke het hy met meer selfvertroue begin lees. Sy punte in die derde kwartaal het in party vakke amper verdubbeld. Lees verder...


Mari-lett du Plooy: “Teen Januarie 2015, na +/- 3 maande by Edublox, is daar reeds ‘n massiewe verskil op verskeie vlakke van sy werk en emosionele welstand. Hy het hierdie jaar sommer met trots en baie meer selfvertroue begin by sy skool. Sy fokus (konsentrasie) het regtig baie verbeter. Sy begripstoets verlede jaar Januarie 2014 se punt was 8½/20. Sy begripstoetspunt in Januarie 2015 het gestyg na 13½/15.” Lees verder...


Johan de Kock

Johan was in Gr. 2 en het gesukkel om sy werk te verstaan, te konsentreer en om te lees. Sy juffrou het gesê dat hy getoets moet word en medikasie moet gebruik. Sy het ook gesê dat hy Gr. 2 nog sal deurkom, maar dat hy definitief Gr. 3 sal dop. Ons het hom by Edublox laat toets en dadelik ingeskryf vir klasse.

Johan toon meer selfvertroue met sy werk, sy lees het baie verbeter en hy sal sy onderwyser vra as hy nie iets verstaan nie, wat hy nooit voorheen gedoen het nie. Hy geniet die Edublox-klasse en het nog nooit gesê dat hy nie wil gaan nie.

Hy sukkel nog met wiskunde se woordsomme en die aanleer van tafels. Gelukkig word daar nou Mathblox aangebied. Baie dankie vir julle kursus om kinders te help met probleme, al is die pad langer dit word sonder medikasie gedoen.

M de Kock
30/1/2015

Johan se Gr. 3 rapport. Hy het toe nie Gr. 3 gedruip nie, maar met drie 6’e (70-79%) en een 5 (60-69%) geslaag.


Jovan Kleyn

In die tweede kwartaal van Graad 1 het ons agtergekom dat Jovan basiese woorde agterstevoor skryf en letters uitlos. Na ‘n gesprek met sy onderwyseres het ons hom vir ‘n gehoortoets geneem, en dit het geblyk dat hy ouditiewe gehoorprobleme het. Na ‘n lang gesoek het ons van Edublox te hore gekom het. Ons het hom toe na Marina geneem vir evaluering en hom onmiddellik ingeskryf vir die intensiewe program, daarna een klas per week en die tuisprogram. Tydens die gesprekke met sy klasonderwyser het sy genoem dat ons hom dalk moet terughou in Graad 1.

Jovan se konsentrasiespan het verbeter. Sy selfvertroue het merkbaar verbeter (hy het al begin sê dat hy dom is). Sy spelling en lees het ook noemenswaardig verbeter. Waar huiswerk altyd ‘n oorlog was, het hy dit meer entoesiasties begin doen en dit ook baie vinniger klaargemaak. Sy wiskunde het ook verbeter, en hy sien uit om na tannie Marina toe te gaan. Na die intensiewe program wou hy nie teruggaan skool toe nie, hy wou permanent by Edublox skool gaan. Edublox het definitief gemaak dat Jovan Graad 1 slaag. Sy Graad 2 onderwyseres praat met lof van sy skoolwerk.

Werner en Linda Kleyn
Potchefstroom


XENA GOUWS

Ons het vir Xena ingeskryf by Edublox omdat sy disleksie het.

In 2014 moes ons haar oorplaas na ‘n tuisskool. Sy kon nie bybly met die skool en toetse en eksamens nie. Sy het glad nie goed gedoen nie en sou gedruip het.

Haar spelling het baie verbeter vandat sy na Edublox toe gaan. Sy het ook nou meer selfvertroue. Alhoewel sy nog hier en daar bietjie sukkel het haar punt baie verbeter. Sien aangeheg haar rapport.

Sy sukkel ook nog met haar Engels, so ons kyk om haar in die Engelse klas te sit en dan dalk ook later in die Mathblox-klas.

Ons is so dankbaar vir wat Edublox vir haar doen het.

Annelize Gouws
2 Februarie 2015

Xena se 2014 rapport:


Tristan Daniell

Tristan is 'n besige 8-jarige seuntjie. Hy het aanvanklik gesukkel in meeste afdelings van Graad 2. Lees en konsentrasie was al van Graad 1 maar 'n gesukkel, asook sy handskrif wat onnet was. Letters en syfers is soms nog verkeerd om geskryf. Tristan het in April 2014 met Edublox begin.

Tristan het byna op alle vlakke verbeter veral met sy lees, skryf en konsentrasie. Hy het van ‘voldoende’ resultate na ‘uitstaande’ resultate verbeter. Daar is nou byna geen omkerings van letters en syfers nie. Die aangehegde verslag toon dat hy in die tweede kwartaal aansienlik verbeter het en die vierde kwartaal was net soveel beter.

Tristan sukkel nog met datahantering en sy sosiale welsyn. Hopelik word die probleempies vinnig iets van die verlede na nog 'n paar klasse.

Nadine Daniell
26 Januarie 2015

‘n Ongelooflike verbetering in Afrikaans en Engels. Beide het verbeter van 4 tot 5 tot 6 tot 7. Welgedaan Tristan!


ALEX TAIT

Alex het baie sleg gedoen met sy skoolwerk, hy kon nie lees nie en as gevolg daarvan kon hy nie sy toetse of sy huiswerk lees nie, en sodoende dit ook nie antwoord nie. Nadat die departementshoof my ingeroep het, het ek besluit om hom by Edublox in te skryf.

Alex het in September 2014 by Edublox begin en drie klasse per week bygewoon. Hy het vanaf die eerste dag by Edublox dit baie geniet en kon nie wag om terug te gaan elke keer nie. Ek het dadelik 'n verandering agtergekom in die sin van dat hy self sy vrae en opdragte lees in plaas daarvan om my te kom vra om vir hom die vraag te lees.

Sy punte was in die derde kwartaal 48% en het opgegaan tot 62% in die laaste kwartaal van die jaar.

Sy handskrif het effens verbeter maar daar is nog baie werk daaraan.

Janine Tate
26 Januarie 2015

Alex se gemiddeld het verbeter van 48% in die derde kwartaal tot 62% in die vierde kwartaal:


SIMONÉ MARITZ

Teen die einde van 2013 was ons redelik raadop met Simoné se leesvermoë. Sy het ongelooflik stadig gelees, alles geklank en aan die einde van die leesstukkie nie geweet wat sy gelees het nie.

Ek het vir Simoné by Edublox ingeskryf nadat hulle haar geëvalueer het en al my vermoedens bevestig het. Sy het sommer 2014 begin met 'n vakansiekursus en sy het dit vreeslik geniet en leersaam gevind.

Teen die 2e kwartaal het sy geskuif na 'n ander skool en ek was bekommerd dat sy sou agterraak met die werk. Die teendeel is aan my bewys. Sy lees baie beter en klank nie meer. Sy het ook die boekprys by haar skool ontvang vir beste presteerder in Gr 2. Ek was uit die veld geslaan.

Sy sal aanbly by Edublox vir so lank as wat dit moontlik of nodig is. Sy kan steeds verbeter in haar lees.

Ek is dankbaar vir Susan en haar span. Julle is wonderlik.

Karin Maritz
22 Jan 2015


Gerbrand Botha

Ons het redelik vroeg agtergekom Gerbrand het probleme wat sy skoolwerk beïnvloed. Gerbrand is ‘n dromer, hy sukkel om te konsentreer en vergeet vinnig wat vir hom gesê is of om opdragte uit te voer. Hy is baie stadig met sy skoolwerk en het baie aanmoediging nodig om sy werk te voltooi. Hy sukkel ook met sy spelling en sinne en ruil letters en woorde om. Hy raak gou gefrustreerd as hy sukkel. Hy was al van Gr. R af by verskeie arbeidsterapeute en opvoedkundige sielkundiges.

Vandat Gerbrand by Edublox is het sy konsentrasievermoë verbeter. Hy voer sy opdragte beter en meer korrek uit. Sy werkstempo het verbeter, sy spelling, sy lees en woordeskat het ook verbeter. Sy selfvertroue het ook verbeter.

Gerbrand het verbetering getoon in al die probleme wat geïdentifiseer is, maar hy het nodig om nog verder te verbeter.

Brand & Liezl Botha


From: Marilyn Herrington [mailto:marilyn@alcus.co.za]
Sent: Thursday, November 13, 2014 11:34 AM
To: 'Marelize Odendaal'
Subject: RE: Prestering van leerders

Goeie dag Marelize,

Ek wil net se dat ek vandag ‘n baie trotse ma is. Albei my kinders het gisteraand akademiese toekennings ontvang by die skool.

Jolene het die jaar begin met haar lees wat ver onder standaard was en dit het haar leerwerk ook beïnvloed. Ek het van Edublox gehoor en haar ingeskryf. Reeds in die middel van die jaar kon ek ‘n wesenlike verskil in haar punte sien. Een van die groot verskille wat ek self ook kon sien is hoe gefokus Jolene is – haar konsentrasie is uitstekend.

Julle maak werklik ‘n reuse verskil en ek sien uit om te sien hoe Michael net nog verder gaan verbeter!

Kind Regards,
Marilyn Herrington



Wilna Taljaardt: “Aanvanklike Edublox assessering op 21 Februarie 2014 het die jufrou se bevindinge bevestig. Ons is tans so 50% deur die aanbevole ure en daar is merkwaardige verbetering aan sy skoolwerk. Sy konsentrasie is baie beter en sy selfvertroue het beslis 'n hupstoot gekry.

Guillaumé lees buite skool boeke op sy eie, sonder aanmoediging. Voorheen was hy te bang om te lees, en hy kon ook nie vir jou die storie terugvertel nie.” Lees verder...



From: lizelle [mailto:lizelle@khulubs.co.za]
Sent: 27 August 2014 12:50 PM
To: monique@edublox.com
Subject: Wow Spelfees Victor van Blerk

Hi Monique,

Wil net so bietjie met Victor spog!

Victor het aan die jaarlikse spelfees deelgeneem en is sovêr deur na provinsiale kompetisie wat op 19 September plaasvind. Hy het al drie uitdunrondtes deurgekom wat soos volg was:

Hulle moes 200 woorde leer.

Eerste uitdunrondte: Leerders moes 30 woorde skriftelik doen en mag nie meer as 5 verkeerd gehad het nie.

Tweede uitdunrondte: Leerders moes 40 woorde skriftelik doen en mag nie meer as 5 verkeerd gehad het nie.

Derde uitdunrondte: Leerders moes 20 woorde klank en mag niks verkeerd gehad het nie.

Uit 157 graad eentjies in Fairland is daar net 8 deur na provinsiale toe. Hy is ook die enigste een in sy die klas.

Ek het sommer vir jou die spellys ook aangeheg.

Hier is bietjie meer besonderhede oor die kompetisie.

Volgens Fiona van Kerwel, WOW Projek-bestuurder, is die projek nou al elf jaar aan die gang om leerders se taalkennis en woordeskat uit te brei en effektiewe taalgebruik aan te moedig. Die projek wil die strewe na prestasie onder leerders aanmoedig en uitnemende leerders vir verdere studie identifiseer. Deur onderwysers en kurrikulumadviseurs as amptenare by die WOW Spelfees betrokke te kry, word daar gestreef om opvoeders te bemagtig ten opsigte van die korrekte uitspraak en spelling van woorde in Afrikaans en hulle te motiveer om eienaarskap van die projek te neem.

Die WOW Projek is ’n bemagtigingsinisiatief vir skole en is gerig op leesbevordering en kulturele ontwikkeling en wil die enorme verskille tussen leerders uit bevoorregte en behoeftige omgewings help verklein. Skole wat belangstel om in 2015 deel te neem, kan vroeg in die nuwe jaar op die Woordfees se webtuiste (www.woordfees.co.za) vir die nuwe woordelyste loer. Inskryfvorms en kontakbesonderhede kan ook daar gevind word.

Hou duim was vir die mannetjie, as hy deurkom by die provinsiale gaan hy Stellenbosch toe vir die nasionale kompetisie.

Maar al gaan hy nie nou verder nie, het hy al baie vêr gekom en ons is verskriklik trots op hom!

Groete

Lizelle van Blerk
Khulu Business Solutions
141 Honey Ridge Estate, During Street Honeydew Ridge, Roodepoort


From: Normandie Beukes [mailto:NormandieB@wearne.co.za]
Sent: Monday, August 18, 2014 2:08 PM
To: Nicolene Potgieter (nicolene@edublox.com)
Subject: Jordan Beukes

Middag Nicolene,

Hoop dit gaan goed met jou,

Ek wil vir jou baie baie dankie sê vir alles wat julle vir Jordan doen. Vandat hy die klasse begin het kry hy net 1 of 2 verkeerd in sy speltoetse en wiskunde – wat ‘n groot GROOT verandering is. Daar is klaar van sy niggies en nefies wie se ouers hulle ook wil stuur want ek het sy toetse vir hulle gewys. Ek was in die wolke toe ek sien hoe goed hy gedoen het na die 1ste Augustus – vir sy spelling het hy 23/25 en vir sy wiskunde 22/30. Ek stuur vir jou sy toetsboek die Saterdag.

Hy lees ook baie baie beter – dis asof hy iemand anders is. Ek kan nie vir julle genoeg dankie se nie. Ek sou dit nooit op my eie gemaak het nie. Hy lees een keer die woord en dan weet hy hoe om dit te spel en hy is net meer rustiger oor alles wanneer dit by sy skoolwerk kom. Hy is meer geduldiger oor sy huiswerk (waar hy altyd begin huil het as dit huiswerktyd was).

Baie baie dankie.

Groete

Normandie Beukes
Sales Consultant

| tel: 011 412 3000 | fax: | www.wearne.co.za |
| address: Main Road Aureus, Randfontein|
| postal address: P.O. Box 1422, Randfontein, 1760 |


From: Karin van Niekerk [mailto:Karin.vanNiekerk@dieburger.com]
Sent: 29/07/2014 14:59
To: Louna Spies
Subject: Franco testimonial en foto’s

Hi Louna

Franco van Niekerk Gr. 10 (16jr)

Vandat hy laasjaar by Edublox-klasse begin neem het, het sy akademie drasties verbeter. Franco het ‘n gehoorverlies in sy een oor en as gevolg daarvan het hy in die laerskool agtergeraak met sy wiskunde en tale. As gevolg van hierdie probleem sukkel hy veral in ‘n klassituasie (waar daar baie keer agtergrondgeraas is of waar mense baie om hom praat) om klanke te herken of mooi te kan hoor. So sy interpretasie is baie keer anders as wat die persoon wat praat dit laat oorkom, daarom sal hy dink hy hoor reg maar eintlik is dit nie die boodskap wat bedoel is nie.

In Gr. 9 het sy punte drasties begin daal in genoemde vakke alhoewel hy hard werk en leer. En nadat ‘n oudioloog hom getoets het, het ons agtergekom sy gehoor het nog meer verswak, wat gelei het tot ‘n operasie in 2013. Die operasie was 50% suksesvol wat beteken hy moet weer een ondergaan om ‘n gehoorbeentjie (wat verbrokkel het) op te bou en oor te plant.

Ek het gehoor van Edublox by my oudioloog wat voorgestel het hy gaan vir klasse – en het hy van laasjaar, September 2013, begin om klasse te loop by Louna van Edublox. Op daardie stadium was sy wiskunde en tale baie swak en was ons bekommerd dat hy nie die jaar gaan slaag nie. Met die laaste Gr. 9 eksamen in November het sy punte so gestyg dat hy met gemak deurgekom het.

In net 6 mnde het Louna se hulp en baie aandag hom geleer en gelei en ook gemotiveer om in homself te glo - ek kon sien my kind wat altyd skaam en teruggetrokke was (veral oor sy gehoorgebrek) het begin glo in homself en het hy met selfvertroue begin om die vakke waarmee hy sukkel aan te pak en hard gewerk.

Franco swem al vandat hy 8 jaar oud is en van kleins af moes hy baie hard werk in sy sport aangesien hy klein gebou was in vergelyking met sy maats. Hy was baie siek aan sinusitus en oorinfeksies en is tans op chroniese medikasie vir allergiee. Hy is iemand wat altyd 110% gee en alhoewel hy nie altyd die erkenning kry wat hy verdien nie, hou hy altyd aan om hard te werk en aan te hou probeer. Hy is tans in die Ryk Neetling se swemklub nl. Players. En hy fokus veral op die middel-, langafstande en “open water” swem.

Op 16jr het hy al so baie bereik (hy het sy Junior Noordwes-kleure in swem op ‘n ouderdom van 11jr gekry en laasjaar sy WP Junior Kleure in Oopwater – swem vir die 3km.) Hierdie jaar het hy op 16jr WP gaan verteenwoordig by die SA Junior Kampioenskappe in Durban waar hy 5de gekom het in die 800m Vryslag. Hy is ook nou ingesluit in WP se span wat volgende maand in Pietermaritzburg gaan deelneem aan die SA Kortbadkampioenskappe. Sy droom is om oorsee te gaan studeer en vir SA te gaan verteenwoordig oorsee en natuurlik ook by die Olimpiese Spele in 2016.

Ek glo hy sal nog bo uitkom met harde werk en God se genade.

Groete
Karin van Niekerk

Karin van Niekerk
Sleutelrekeningbestuurder/Account Manager, T 021 910 6533 S 076 463 8637 F 086 5810392 E karin.vanniekerk@dieburger.com Bloemhofgebou, Edwardstraat 112, Bellville, 7530 Bloemfhof Building, Edward Street 112, Bellville, 7530. @ karinvannieker1


From: Gerber, M Ms : Dir Human Resource Administration [mailto:GerberM@dirco.gov.za]
Sent: 29 July 2014 10:25 AM
To: Susan du Plessis
Subject: Anne-lize en Lee-Ann Venter
Importance: High

Beste Susan,

Jammer dat ek so lastig is, maar ek het die naweek amper van die stoel af geval toe Anne-lize uit die bloute vir my se sy wil liewers middagskool toe gaan, want sy leer baie daar. Sy vertel gereeld, uit haar eie, vir mense hoe Edublox haar help en dat sy beter vaar met skoolwerk.

Verder, is dit asof Lee-Ann ook meer duidelik begin praat, wat so goed is vir haar selfbeeld en ek kan sien kinders begin haar ook beter verstaan. Sy vra elke dag of sy vir my kan lees (voorheen moes ek vir haar lees).

Ons het ‘n relatiewe stadige pas met die Edubrain-program, maar wat opmerklik is, is dat Lee-Ann vinniger vorder as Anne-lize. Op hierdie stadium doen ons 3 keer ‘n week die program met Lee-Ann en 2 keer ‘n week met Anne-lize.

Soveel mense, dit sluit skole en terapeute in, het gese daar is nie ‘n manier hoe die dames se vermoens op so ‘n laat ouderdom veel kan verbeter nie. Elke week sien ons ‘n verskil en ek wil net weereens baie baie dankie se. Dis nog “early days”, maar dis ‘n “amazing” gevoel om die kinders so te sien vorder en te blom. En hulle het nog nie een keer gekla as hulle die Edubrain-program moet doen nie. Anne-lize kla net altyd oor die pyltjieoefening, maar sy doen dit.

Baie baie dankie.

Maureen Gerber
Deputy Director: HR Planning & Policy
Tel: 012-351-1386


Chantalle de Kock: “Dis ‘n jaar later en nie net het Deon se selfvertroue met rasse skrede verbeter nie, hy is ook besig om sy ‘bonus’ te verdien. Dit was wonderlik om Donderdag sy rapport te kry en die resultate van sy ywer te geniet. Sy algehele gemiddeld het van ‘n lae 60% na 72% gestyg. Die beste verbetering was in sy tale met 77% vir Afrikaans en 79% vir Engels!” Lees verder...


From: Claassen & Claassen Training [mailto:cctraining2@webmail.co.za]
Sent: 27 June 2014 02:34 PM
To: 'Susan du Plessis'
Subject: Rapport : MATTHEW COSTON

Hi,

Ek wil net BAIE dankie sê vir die program wat julle het om ons kinders te help, ek is regtig so dankbaar.

Matthew se gemiddeld het die kwartaal met 9% verbeter en ons is so bly en trots op hom en ek weet julle program is deel van sy verbetering.

BAIE baie dankie!!!

Groete

Sonja Coston
Claassen & Claassen Training


Opvolg, Oktober 2014: Nadat Matthew se gemiddeld van die eerste kwartaal tot die tweede kwartaal met 9% verbeter het, het dit met nog 4% gestyg. Sy gemiddeld aan die einde van die derde kwartaal was 63%:

Rapport


Repport


From: Carmen Van Veelen [mailto:vvl@idwala.co.za]
Sent: Thursday, June 19, 2014 12:50 PM
To: nicolene@edublox.com
Subject: RE: Tax Invoice
Importance: High

Hi Nicolene,

Hoop alles gaan goed daar by julle?

Ek wil net vandag met opregte dankbaarheid teenoor jou uitspreek vir dit wat julle vir die kinders doen. Jamie het so gevorder dat dit my skoon stom slaan. Hy het in die 1ste kwartaal vir Afrikaans 1, vir Engels 2, en vir Wiskunde 1 gekry. Jamie se juffrou wou hom na ‘n spesiale skool toe stuur en sy het vir ons gesê daar bestaan nie ‘n kitsoplossing vir ‘n kind se agterstand nie, maar vandag kan ek met oortuiging sê julle bied ‘n kitsoplossing. Ons het gister sy toets terug gekry en dit wys dat hy in sy Afrikaans na ‘n 5 geskuif het, sy Engels het na ‘n 6 geskuif en sy Wiskunde na ‘n 3. Ons weet daar is nog baie werk wat voorlê om hom 100% op standaard te kry, maar dit is klaar ‘n groot stap in die regte rigting. Dit is ‘n wonderwerk, die Edublox program, en ek is net dankbaar dat ek betyds van julle gehoor het. Ons is julle ewig dankbaar vir die hulp en ondersteuning.

Baie dankie ek waardeer opreg, ons familie het die grootste respek vir julle wat ons kinders lei en help groei.

Regards,
Carmen van Veelen


From: Laurette Venter - HS Noordheuwel [mailto:laurette@nories.co.za]
Sent: Friday, May 30, 2014 10:16 AM
To: 'Nicolene Potgieter'
Subject: Chereze Venter

Hi Nicolene

Jammer ek stuur nou eers die briefie.

Hiermee wil ek net vir jou en Edublox bedank vir die wonderlike werk wat julle vir die kinders doen en die wyse waarop julle dit doen. Toe Chereze in 2012 by julle instap, was sy baie onseker met min selfvertroue. Edublox het haar gegroei tot ‘n volwaardige leerling by Noordskool. Soos jy self kan getuig het haar lees en begrip drasties verbeter. So ook haar selfvertroue in die klas. Sy leer makliker en is ‘n ander kind. Sy was die eerste kwartaal van hierdie jaar 8ste op die Top 10.

Dankie weereens vir julle geduld en liefde, Chereze het haar tydjie by julle vreeslik geniet. Ek het haar nie een dag gedwing om te gaan nie en sy het regtig hard gewerk.

Groete en sterkte met die goeie werk wat julle doen!

Laurette Venter

Hoërskool
Hoërskool Noordheuwel
Bellstraat, Noordheuwel
T: 011 954 1032 / F: 011 954 1033
www.nories.co.za


Ek is een van die Edublox-suksesverhale. My ma, 'n graad 2 onderwyseres, het vroeg reeds besef dat ek hoogs begaafd is. Een van die maniere waarop sy my leergierigheid gestimuleer het was d.m.v. Edublox... Later het die vaardighede wat ek daar aangeleer het my baie gehelp. Snaaks, veral toe ek later om universiteit moes studeer vir lang vrae. Ek kon die hoofopskrifte in volgorde op die bladsye van die handboek "sien" terwyl ek vrae daaroor moes beantwoord. Ek het 'n meestersgraad in teologie voltooi en studeer tans verder.

Nadia Maritz


Gaan na Bladsy 2
Gaan na Bladsy 3
Gaan na Bladsy 4
Gaan na Engelse Getuigskrifte
Gaan na Internasionale Getuigskrifte
Vir vele meer, besoek EdubloxSA.co.za