| Tuisblad I Meer Oor Ons I Suksesverhale I Artikels I 'Franchise' I Kontak Ons |
|
Tuisblad |
Skoolgereedheidsklasse vir Gr R√ Bevorder lees- en leergereedheid
Lees is die belangrikste vaardigheid wat 'n kind op skool moet verwerf, want hy leer om te lees met 'n bepaalde doel voor oë sodat hy kan lees om te leer. Om behoorlik te kan lees vanselfsprekend is spel en skryf hierby ingesluit is dus die grondslag van, of voorvereiste vir leersukses op skool, en uiteindelik ook 'n belangrike bepaler van 'n mens se beroepsukses in die toekoms. 'n Kind, wat nie behoorlik kan lees nie, se toekoms is duister. Die swak leser het nie net 'n agterstand teenoor goeie lesers nie, maar in werklikheid bou hy met verloop van tyd 'n al hoe groter agterstand teenoor goeie lesers op. Edublox se missie is daarom om kinders se leervermoë maar veral hulle leesvermoë te bevorder, sodat hulle die genot van prestasie kan smaak. Leerbeginsels Terwyl ander leerbeginsels ook van belang is, is een van die vernaamste beginsels waarop ons programme, tegnieke en metodes gebaseer is en wat verseker dat ons uitsonderlike resultate behaal die beginsel dat leer 'n laagsgewyse gebeure is. Net soos wat daar 'n verskeidenheid van vaardighede is wat 'n voorvereiste vir rugby, krieket en yshokkie is, so is daar 'n verskeidenheid vaardighede wat laagsgewys een na die ander aangeleer moet word en wat as voorvereistes vir lees en leer as sodanig dien. Hierdie vaardighede sluit onder andere die volgende in:
Die doel van die Edublox-klasse is om hierdie grondvaardighede te ontwikkel en te outomatiseer, en sodoende lees- en leergereedheid te bevorder. Kommentaar
“Kinders wat hierdie klasse bywoon het vordering in die volgende areas getoon:
Annerina van Niekerk, Die Wingerd Pre-primêr, Somerset-Wes Skoolgereedheidstoets Wys Beduidende Verskil Die verkorte weergawe van die ASB toets, ‘n gestandaardiseerde skoolgereedheidsbattery, is op 56 kinders in drie kleuterskole afgeneem nadat die kinders oor ‘n lang tydperk aan Edublox blootgestel is. Die toets is vier maande voortydig afgeneem, maar steeds was die resultate uitstekend, soos gesien kan word in die grafiek hieronder. Vergelyk byvoorbeeld die pienk lyn (een van die drie kleuterskole waar Edublox aangebied is) en die swart lyn (alle nie-omgewingsgestremde [NOG] kinders in Suid-Afrika):
![]() |