| Tuisblad I Meer Oor Ons I Suksesverhale I Artikels I 'Franchise' I Kontak Ons |
|
Tuisblad |
Edublox Kliniek in die Paarl
Louna Spies is ‘n Paarliet met ‘n passie om ‘n wesenlike verskil in kinders se lewe te maak. Sy het gematrikuleer aan Paarl Gimnasium in 2000 en het haar B. Ed kwalifikasie aan die Kaapse Technikon Wellington kampus verwerf in 2004. Daarna het sy skoolgehou by Laerskool Ashton in die pragtige Barvallei. Twee jaar later het sy verhuis na die Midde-Ooste om internasionale ondervinding op te doen. Na ongeveer 6 jaar by die American International School in Abu Dhabi het sy na die Paarl begin verlang, haar tasse gepak, die formele onderwysstelsel vaarwel geroep en ‘n Edublox-franchise in die Paarl kom oopmaak. In die klaskamer was daar nie altyd tyd of hulpmiddels om leerders te help om beter te presteer nie, en die bietjie hulp wat sy kon aanbied het die meeste van die tyd slegs die simptome van die probleem aangespreek. Sy was aangetrokke tot die Edublox-program omdat dit ‘n holistiese benadering ten opsigte van lees- en leervaardighede het. Dit is ook die enigste opvoedkundige intervensie wat die oorsake van lees- en leerprobleme aanspreek, daarom word die probleem voldoende opgelos. Louna beskryf haarself as warm, lojaal, vriendelik, behulpsaam en hardwerkend. Sy wei haar toe aan die akademiese en sosiale ontwikkeling van elke kind by die Edublox Lees- en Leerkliniek Paarl. Daarom is dit heerlik om die veranderinge in elke leerder te sien terwyl hulle die Edublox-klasse bywoon. In haar spaartyd hou sy van reis en het al 18 lande regoor die wêreld besoek. Vir ontspanning hou sy van lees, hekel en om in die tuin te werk. Wat Edublox aanbied:
Kontakbesonderhede: |