| Tuisblad I Meer Oor Ons I Suksesverhale I Artikels I 'Franchise' I Kontak Ons |
|
Tuisblad |
Einde van ‘n Ouditiewe Diskriminasie Probleem
Hansie se ma het Edublox gekontak omdat sy baie bekommerd was oor sy probleem met ouditiewe diskriminasie sowel as sy spelling. Ouditiewe diskriminasie verwys na die vermoë om tussen spraakklanke te onderskei. Die kind sal dit moeilik vind om tussen klanke wat baie eenders klink, te onderskei, byvoorbeeld v en w, k en t, h en b. Hy sal ook probleme ondervind om te onderskei tussen woorde wat baie eenders klink. Op 29 Maart 2011 word Hansie, ‘n Graad 2-leerder, by Edublox geëvalueer. Essi-Leestoets Hansie word getoets met die Essi-leestoets, op ‘n Graad 2, eerste kwartaal-vlak. Van kinders wat die toets doen behaal 4% ‘n stanege van 1 (BAIE SWAK) Hansie kan nie een van die twintig woorde korrek lees nie en behaal sodoende ‘n stanege van 1 (BAIE SWAK). Hardoplees Hansie se spoed met hardoplees is 39 woorde per minuut. ‘n Kind wat net begin met Graad 2 moet ongeveer 60 woorde per minuut kan lees en aan die einde van Graad 2 tussen 80 en 90. Essi-Speltoets Hansie word ook getoets met die Essi-speltoets, op ‘n Graad 2, eerste kwartaal-vlak. Hy behaal ‘n stanege van 3 (SWAK). Oorsaak Die oorsaak van Hansie se lees- en spelprobleme was voor die hand liggend: hy het probleme met visuele diskriminasie gehad en daarom woorde soos trein gelees as trien en terwyl as tryfel. Ouditiewe diskriminasie probleme het ook voorgekom: honger is byvoorbeeld geskryf as bongir en warm as marm. Sy vormherkenning, visuele geheue en logiese denke was besonder goed.
Aanbeveling Daar is aanbeveel dat Hansie twee Edublox-klasse per week bywoon tot sy lees begin verbeter, en dit daarna verminder word na een klas per week. Weens werksverpligtinge was twee klasse per week buite die kwessie, en slegs een klas per week is bygewoon. Resultate Een jaar later is Hansie se ma hoogs tevrede met die resultate. Hansie word weereens getoets met die Essi-leestoets. Op ‘n Graad 3, eerste kwartaal-vlak lees hy 13 van die 20 woorde korrek en behaal sodoende ‘n stanege van 5 (GEMIDDELD). Sy spoed met hardoplees is nou 99 woorde per minuut. Hansie is ‘n skuilnaam. |
||||