Onderrig
Dit is sinvol om tussen onderwys en onderrig te onderskei, want alle opvoeding is onderwys, maar alle onderrig is nie noodwendig opvoeding nie. Onderrig (of instruksie) is enger en meer spesifiek as onderwys. Onderrig is ‘n onderdeel van onderwys bv. waar gepraat word van vakonderwys (onderwys van die vak) word dikwels eerder verwys na onderrig of instruksie in ‘n bepaalde vak. Ten opsigte van die onderwysende opvoedingsituasie is onderrig konkrete feitemededelinge deur ‘n skoolse opvoeder aan ‘n leerling. By opvoeding en onderwys word die aktiewe saamwerk van die leerling beklemtoon, maar in onderrig bly so ‘n beklemtoning effens op die agtergrond. Onderrig is veral die werksaamheid van die skoolse opvoeder.
|