Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Leessentrum

Lees is die belangrikste vaardigheid wat 'n kind op skool moet verwerf, want hy leer om te lees met 'n bepaalde doel voor oë — sodat hy kan lees om te leer. Die implikasie is dat 'n swak leser ook 'n swak leerder sal wees, 'n gemiddelde leser 'n gemiddelde leerder, en 'n top-leser 'n top-presteerder.

Met rekenaartegnologie en programme van wêreldgehalte bevorder die Edublox leessentrums dié grondvaardighede wat die grootste invloed op lees — en daarom ook op leer — het.

Grondvaardighede is nie dieselfde as prosesse, strategieë of tegnieke nie. Die verskil tussen hierdie begrippe kan maklik aan die hand van rugby geïllustreer word. Om rugby te kan speel, moet 'n persoon eers die grondvaardighede van rugby bemeester het, soos byvoorbeeld om 'n bal te kan vang, te kan uitgee en te kan skop. Slegs daarna kan hy strategieë of tegnieke geleer word.

Grondvaardighede van lees sluit onder andere die volgende in:

Konsentrasie

Konsentrasie is ‘n vaardigheid wat geleer word, en waarsonder lees moeilik of selfs onmoontlik is.

Persepsie

Perseptuele vaardighede wat ‘n voorvereiste vir lees is sluit in die vermoë om te kan diskrimineer, sintetiseer en analiseer in terme van voorgrond-agtergrond, vorm, grootte, kleur, en posisie in die ruimte.

Geheue

Visuele en ouditiewe geheue, geheue vir opeenvolging, sowel kort- en langtermyn geheue is almal belangrike grondvaardighede van lees.

Logiese denke

Navorsing het bevind dat leesvloeiendheid en logiese denke die belangrikste grondvaardighede van leesbegrip is.

Deur hierdie grondvaardighede in die onderbewyssyn te stoor word hulle geoutomatiseer. Terselfdertyd kry die leerder ook die geleentheid om hierdie grondvaardighede onmiddellik in die praktyk toe te pas. Die resultaat is verbeterde lees- en leervermoë wat lei tot beter skoolprestasie, en terselfdertyd ook die leerder se selfbeeld bou en sy/haar selfvertroue bevorder.

Kommentare van tevrede kliënte:

"Hy het 'n 'Spesiale toekenning vir lees' ontvang by die skool — dis 'n prestasie en 'n half — ons as sy ouers kan nie vir julle verduidelik hoe trots ons op hom is nie. . . Sy onderwyseres het ons in die 3de Kwartaal ingelig dat hy 'n uitblinker in sy lees is en hy elke dag met sy skoolwerk vorder. Dit het ons verbaas, want in die begin van die jaar het die skool ons ingelig as hy nie ekstra hulp kry nie hy nie Graad 3 toe sal bevorder word nie." — Bertie en Tonya Potgieter

"In die verlede het dit telkens gebeur dat sy laat blyk het dat sy glad nie van lees hou nie. Dit het skielik verander en sy lees deesdae ook vir haar maatjies voor as hulle kom kuier. Waar daar ook in die verlede vir ure gesukkel is met haar leesles van die skool, bemeester sy dit deesdae binne twee tot drie keer wat sy 'n les deurlees." — Lukas en Annemarie Kruger

"Baie dankie vir die hulp wat tannie vir my gee ek is baie bly dat ek in die Lees kliniek is. Voordat ek in gekom het, het ek nie van lees gehou nie nou lees ek sommer elke aand. Ek is nog net 'n maand in die Lees kliniek en toe laas Vrydag het my ma vir my gesê "Jis maar jy lees al mooi" toe vat ek dit as 'n compliment. . . " — Rouleen du Plessis

"Groot was my verbasing toe sy met haar eerste rapport hierdie jaar by die huis kom. Na die eerste paar sessies by die Leeskliniek het haar punte opgeskuif na bogemiddeld en ons het baie minder in die middae begin werk. Sy kry darem nou al haar werk vinniger gedoen en leer maklik vir haar toetse. Dit het vir my ongelooflik baie beteken. Die ander belangrike ding is dat hierdie sessies vir haar lekker is, sy sien uit om te gaan, waar sy al so moeg was van dieselfde oogoefeninge oor en oor, is hierdie iets anders en dis vir haar lekker. Sy geniet dit en dit voel nie soos terapie nie." — Hesti Geldenhuys