Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Hier Word Leerders Gehelp

Gesondheidsprobleme het veroorsaak dat Burger Sanders 'n halwe jaar se werk in Graad 1 en 'n hele termyn se werk in Graad 2 verloor het. Hy het baie agter begin raak met lees en spelling.

"As hy lees het hy al die woorde geklank, tot die woorde wat hy behoort te herken," vertel sy moeder. "Hy het elke Vrydag 'n speltoets geskryf en omtrent al die woorde verkeerd gespel. Hy kon glad nie lopende skrif skryf nie, en wou nie huiswerk doen nie. Hy het gesê hy kan dit nie doen nie.

"Sy Graad 2 onderwyseres het ons ingeroep en gesê ons moet dit oorweeg om hom terug te hou. Ek kon nie my kind terughou wat al sy sport, waarvoor hy so lief was, moes prysgee nie, en het besluit om hom na Edublox te stuur."

Dis 'n paar maande later en Burger lees sy leesboek sonder om een woord te klank. "Hy kry elke week omtrent volpunte vir sy Engelse en Afrikaanse speltoetse, sowel as vir Wiskunde. Hy het met lopende skrif begin en doen nou sy huiswerk sonder dat ek vir hom sê, asof hy dit nou geniet," vertel 'n opgewonde mev Sanders. "Ons het nog 'n lang pad om te stap maar ek kan steeds nie glo dat hy so vinnig so drasties verbeter het nie."

Ook mev Bergman kon binne 'n paar maande 'n verbetering in haar dogter se lees- en spelvermoë sien. "Marné kon glad nie lees voordat ek haar by Edublox ingeskryf het nie," sê sy. "Sy het b, d en p met mekaar verwar, en het net die eerste letter van 'n woord gesien en dan haar eie woord opgemaak. Sy het baie stadig, en dikwels in spieëlskrif, geskryf. Sy het ook baie gesukkel met spelling.

"Marné skryf nou glad nie meer in spieëlskrif nie en skryf ook baie netjieser. Spel het baie verbeter. Omkerings is baie minder, en alhoewel sy nog woord vir woord lees, verstaan sy nou wat sy lees. Sy is nou baie opgewonde om boeke uit te neem en lees baie meer gereeld."

Burger en Marné is twee van Edublox se lang rits suksesverhale, waar leerders met leerprobleme gehelp word. "Ons metodes werk, omdat hulle die oorsake van leerprobleme aanspreek," sê Susan du Plessis van Edublox.

"Om te verstaan wat leerprobleme veroorsaak, is dit nodig om 'n fundamentele kenmerk van die mens in ag te neem, naamlik dat die leerproses by die mens nie op 'n enkele vlak plaasvind nie. Dit is 'n laagsgewyse gebeure," verduidelik Susan. "Jy kan nie 'n kind leer yshokkie speel as hy nog nie kan skaats nie. Net so is daar sekere grondvaardighede wat die kind eers moet bemeester, voordat hy goed sal kan lees, spel en leer."

"Konsentrasie, persepsie, geheue en logiese denke is die vernaamste grondvaardighede van lees, spel, en leer. As 'n persoon nie die vaardighede wat ten grondslag lê aan lees deeglik bemeester het nie, sal hy 'n swak leser wees en 'n swak leser bly, totdat iemand hom eers die grondvaardighede laat inoefen het. Tensy dit gedoen word, sal alle ander pogings vrugteloos wees."

Die vanne van die leerders is ietwat verander om hulle identiteit te beskerm.