| Tuisblad I Meer Oor Ons I Suksesverhale I Artikels I 'Franchise' I Kontak Ons |
|
Tuisblad |
Leerprogram Verander Duisende se Lewens
Al meer mense sukkel met lees-, leerprobleme, disleksie, maar hulp is beskikbaar. 'N LEERPROGRAM wat deur 'n opvoedkundige van Pretoria ontwerp is, het sedert sy ontstaan in die jare tagtig die lewens van derduisende kinders en volwassenes wêreldwyd verander. Dié program, bekend as Audiblox, het hoop gebring vir talle kinders en volwassenes met leer- of leesprobleme. Kinders in spesiale skole is teruggeplaas in gewone skole, kinders wat al tot twee standerds gedruip het, het begin presteer en selfs mense met breinskade en verstandelike gestremdheid het al baat gevind by dié program. Wat Audiblox besonders maak, is dat dit ook gebruik word vir remediërende onderwys, vir begaafde kinders en om kinders sonder leerprobleme se vaardighede en konsentrasievermoë te help verbeter. Dr. Jan Strydom, die ''pa'' van Audiblox, het dié program ''per ongeluk'' ontwerp toe hy 'n skoolgereedheidsprogram vir sy jongste dogter saamgestel het. Audiblox, wat met die hulp van gekleurde blokkies, inkleurpotlode en letter- en werkkaarte aangebied word, bestaan uit werksessies van ongeveer 'n halfuur per dag, vyf dae per week. Dit is egter só buigbaar dat koshuiskinders se vyf sessies byvoorbeeld oor 'n naweek ingepas kan word. Dr. Strydom se teorie berus op drie hoekstene: 'n Mens kan niks doen wat jy nog nie geleer het nie, daar moet eers gekruip word vóór 'n mens kan loop en 'n piramide van herhaling moet gevolg word. Dit beteken mense moet sekere dinge leer en word nie met ''instinkte'' soos diere gebore nie. Mense moet ook dikwels een ding leer voordat hulle ander stappe wat daarop volg, kan baasraak. In die geval van disleksie is die grondbeginsels van lees en spel nie outomaties nie. Audiblox fokus op die sistematiese leer van dié beginsels. Daarna kan lees en spel suksesvol aangeleer word. Die feit dat soveel kinders deesdae met disleksie sukkel, skryf dr. Strydom daaraan toe dat die omstandighede waarin kinders grootword drasties verander het. Kinders sit byvoorbeeld ure lank passief voor die televisie. Ouers het ook nie meer soveel tyd as voorheen om saam met hul kinders deur te bring nie, veral omdat al hoe meer ma's heeltyds werk en daar meer enkelouers is. Skoolwerk raak ook moeiliker en volgens aanduidings kry kinders meer tuiswerk as in die verlede. Volgens dr. Strydom het dié program die lewens van derduisende mense oor die wêreld heen verander en kan mense hul eie omstandighede met Audiblox verbeter en deure vir hulself laat oopgaan.
Die simptome van disleksie is:
|