Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Leerprobleme

  • Het jou kind 'n leerprobleem?
  • Het hy 'n konsentrasieprobleem of 'n swak geheue?
  • Lees hy stadig en hakkelrig, of lees hy met swak begrip?
  • Verwar hy dalk letters soos b en d?
  • Spel hy woorde soos wat hulle klink, soos "sienkie" pleks van "seuntjie"?
  • Sukkel hy om sy volle potensiaal te bereik?

Hierdie is net 'n paar van die probleme wat by Edublox Lees- en Leerkliniek hanteer word.

By Edublox spreek ons die oorsake van lees- en leerprobleme aan. Omdat ons die oorsake aanspreek, en nie die simptome nie, is ons in staat om lees- en leerprobleme effektief op te los. Die resultaat is verbeterde lees- en leervermoë wat lei tot beter skoolprestasie, en terselfdertyd ook die leerder se selfbeeld bou en sy selfvertroue bevorder. Ons skep derhalwe 'n basis vir lewenslange leer.

Dertig jaar se ondervinding in die praktyk, die feit dat Edublox se metodes en tegnieke op wetenskaplike leerbeginsels gebaseer is, tesame met ons holistiese benadering tot leerders se behoeftes, verseker dat ons jou kind 'n WENNER maak!