Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Intensiewe Vakansiekursus

Vra jouself ….

  • Het my kind sy hoop om ooit vlot te kan lees verloor?
  • Ly hy aan 'n swak selfbeeld as gevolg van leerprobleme en/of swak skoolprestasie?
  • Is daar 'n moontlikheid dat hy hierdie jaar gaan druip?

As jy "ja" geantwoord het op enige van die bostaande vrae, is ons intensiewe vakansiekursus dalk die antwoord vir jou!

Terwyl daar geen kitsoplossing vir leermislukking en leerprobleme is nie, versnel ons intensiewe vakansiekursusse lees- en leervermoë sodanig dat dit jou kind kan help om ‘n reuse sprong vorentoe te gee!

Resultate — Intensiewe Vakansiekursusse:

Die doel van ons intensiewe vakansiekursusse is om kognitiewe vermoëns te verbeter — konsentrasie, visuele en ouditiewe prosessering, geheue, ensovoorts. Kognitiewe vaardighede word gebruik om kennis te verwerf, en kan beskou word as die mens se gereedskap vir leer.

Verbetering van IK

Terwyl ‘n IK-punt beslis nie die somtotaal van ‘n mens se kognitiewe vermoëns is nie, is dit een maatstaf waarmee sy kognitiewe vermoëns met die algemene populasie s’n vergelyk kan word.

Tien leerders met ernstige leerprobleme is met die Suid-Afrikaanse Intelligensie Skaal getoets, voordat hulle met ‘n intensiewe twee-weke kursus begin het. Elke leerder het 40 ure se individuele onderrig ontvang. Hulle ouderdomme het gewissel van 7 tot 18 jaar.

Die verbetering in verbale, nie-verbale en totale IK was beduidend.

 VoorNa 
    
Verbale IK Sub-toetse   
Woordeskat7.67.9 
Begrip10.010.8 
Verbale Redenering9.110.0 
Probleme6.36.8 
Geheue8.510.5 
Gemiddelde Verbale IK85.491.0Verbetering beduidend op die 0.001 vlak
    
Nie-Verbale IK Sub-toetse   
Patroonvoltooiing8.48.7 
Blokontwerp8.210.3 
Absurditeite9.49.6 
Vormbord11.115.3 
Gemiddelde Nie-Verbale IK92.6105.1Verbetering beduidend op die 0.001 vlak
    
TOTALE IK PUNT87.097.1Verbetering beduidend op die 0.001 vlak

‘n M.Ed. navordingstudie deur Wynand de Wet het gewys dat ons program IK verhoog in minder as 30 ure en wanneer dit in ‘n groep gebruik word. Hy het ons program vir ‘n groep dowe kinders aangebied; hulle gemiddelde nie-verbale IK het met 11.6 punte in 27.5 ure se onderrig, gegee oor ‘n tydperk, verbeter.

In kort, 30 tot 40 ure se onderrig is gewoonlik voldoende om ‘n leerder in ‘n hoër kognitiewe kategorie te plaas — laag-gemiddeld skuif op na gemiddeld, gemiddeld skuif op na hoog-gemiddeld, ensovoorts.

Verbeterde leesvaardighede

Navorsing het bewys dat verhoogde kognitewe vermoëns lei tot verbeterde lees-, spel- en leervaardighede. Terwyl vele leesprogramme verbeterde leesvaardighede aanbied, behaal slegs dié wat in kognitiewe assessering en opleiding gegrond is, blywende resultate.

Vergelyk die voor- en na-toetsresultate van een Graad 4-leerder wat ‘n intensiewe kursus van twee weke bygewoon het, soos gemeet deur ‘n oftalmograaf. Haar relatiewe leesdoeltreffendheidsvlak het met twee jaar en ses maande verbeter! Terwyl nie alle leerders soveel verbeter nie, kan selfs ‘n verbetering van een jaar ‘n kind se lewe verander.

Ophthalmograph

Na die intensiewe kursus sal die leerder ideaal voortgaan om weekliks die Edublox-klasse by te woon, of met een van die Edublox-tuisprogramme.