Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   
  • Het jou kind die vermoë om akademies uit te blink, maar bereik steeds
    nie sy volle potensiaal nie?
  • Sukkel jou kind om te konsentreer, beplan en organiseer? Het hy
    'n swak geheue?
  • Dalk is lees vir hom ‘n probleem? Sukkel hy om tussen b en d te onderskei?
  • Lees hy stadig en hakkelrig, of sukkel hy om te verstaan wat hy lees?
  • Spel hy woorde soos wat hulle klink, soos “sienkie” pleks van “seuntjie”?
  • Het hy probleme met hoofrekene? Of is wiskunde vir hom net één te veel?
  • Is hy gediagnoseer met disleksie, disgrafie of ADHD?

As jy “ja” geantwoord het op enige van die bostaande vrae, kort jou kind waarskynlik van die gereedskap wat nodig is vir leer.

Ons gee die gereedskap vir leer!

Wanneer mens die regte gereedskap het, kan enige taak met groter gemak en effektiwiteit uitgevoer word. Stel jou voor dat jy ‘n lepel gebruik om sement te meng, eerder as ‘n sementmenger. Verbeel jou dat jy jou grasperk sny met ‘n skêr!

Kognitiewe vaardighede — konsentrasie, persepsie, geheue en logiese denke — is verstandsvaardighede wat gebruik word in die verwerwing van kennis, en kan beskou word as ‘n kind se gereedskap vir leer.

Navorsing het bewys dat kognitiewe vaardighede ‘n bepalende faktor van ‘n individu se leervermoë is, volgens Oxfordlearning.com dié vaardighede wat “goeie leerders en middelmatige leerders van mekaar skei.” In wese, wanneer kognitiewe vaardighede sterk is, word leer vinnig en maklik. Wanneer kognitiewe vaardighede swak is, word leer ‘n worstelstryd.

Honderd en dertig studies het bevind dat 88% van swak lesers beduidend swak presteer in een of meer kognitiewe vaardigheid. Onlangse studies ondersteun die idee dat baie kinders met ADHD kognitiewe tekorte het, spesifiek in werkende geheue.

Die goeie nuus is dat kognitiewe swakhede reggestel kan word. Die sleutel is om die spesifieke swakhede te identifiseer, en dan te verbeter deur middel van onderrig en oefening. Dis reg, kognitiewe vaardighede kan verbeter en versterk word.

Edublox spesialiseer in opvoedkundige hulp wat kinders slimmer maak, hulle help om vinniger te lees en te leer en om wiskunde met vertroue aan te pak. Ons programme stel leerders daartoe in staat om leesprobleme en leerversperrings te bowe te kom sodat hulle lewenslank kan leer en sodoende bemagtig word om hulle hoogste opvoedkundige doelwitte te bereik.

Tree vandag nog in verbinding met ‘n Edublox-kliniek en gee jou kind die geskenk van prestasie. Dis ‘n belegging met lewenslange opbrengs.

Edublox-klinieke in Suid-Afrika en Namibia:
Ballito
Bloemfontein
Centurion, Doringkloof
Durban, Upper Highway
George
Johannesburg, Randburg
Johannesburg, Wes-Rand
Kaapstad, Claremont
Kaapstad, Durbanville
Kempton Park
Krugersdorp & Randfontein
Middelburg
Nelspruit
Paarl
Phalaborwa
Polokwane
Potchefstroom
Pretoria-Moot
Pretoria-Noord (Montana)
Pretoria-Oos
Umhlanga
Vereeniging
Witbank (eMalahleni)
 
Namibia, Swakopmund
Namibia, Walvisbaai

Klik hier vir kontakbesonderhede


Lees. Leer. Presteer.

Click Here for Information in English

In Afrikaans:


Meer Oor Ons
Edublox-Klasse
Vakansiekursus
Suksesverhale
Video-Galery
Foto-Galery
Artikels
In die Nuus
'Franchise'
Kontak Ons
Tuisblad
Edublox Aanlyn Tutor
Edublox on Facebook Edublox on YouTube
ROCCI
FASA

KeenMind