Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I   Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Gevallestudies

Hulp vir Probleme met Lees, Spelling, Skrif en Wiskunde
Jannes moes skool toe gaan. Sy ma het besef dat hy nie skoolgereed is nie, en aangevra dat hy deur die skoolsielkundige getoets moet word vir skoolgereedheid. Die antwoord wat mev Oosthuizen ontvang het, was dat Jannes die daaropvolgende jaar skool toe móés gaan as gevolg van sy ouderdom en dat sy probleem vanself sou regkom. Jannes is gevolglik nie getoets nie. Lees verder…

Van Moedeloos tot Uitblinker
René, saam met haar ma, het op 20 November 2009 by Edublox Pretoria-Oos aangemeld vir ‘n evaluasie. René het Gr 1 gedruip. René kon nie lees nie. Op die Essi-leestoets kon sy slegs één woord herken, en op die Essi-speltoets kon sy slegs drie woorde korrek spel. Die woord “hoe” is geskryf as “ots”, “mooi” as “msmom”, “duif” as “twv”, ensovoorts. Lees verder...

Almal Wil Sukses Smaak
Rina se skoolwerk het al hoe meer agteruitgegaan. Teen Mei van haar Gr 3-skooljaar is haar leesvermoë getoets deur ‘n remediërende onderwyseres by die skool. Haar leesvermoë was gelykstaande aan ‘n Gr 1, derde kwartaal-vlak. Sy het omkeringsprobleme gehad wanneer sy gelees het, byvoorbeeld “dom” gelees vir “bom”. Lees verder...

Hulpelose Kinders Word Wenners
Hermien se grootste probleem was konsentrasie. By die skool is tot die slotsom gekom dat sy aan Petit mal-epilepsie ly weens haar uiters dromerige neigings en die indruk dat mens nie tot haar kan deurdring nie. Sy het ook gesukkel met lees en spelling en haar wiskundige vermoëns was baie beperk. Haar onderwyseres was baie bekommerd en het gewonder of sy nie in ‘n spesiale klas tuis hoort nie. Lees verder...

Jacques Word "’n Ander Mens"
Jacques de Winter het soos alle kinders sy eerste skooljaar met ywer en vol opgewondenheid begin. Die opgewondenheid was egter van korte duur, want gou het hy besef dat hy nie so goed soos die ander kinders kon lees en skryf nie. Lees verder…