| Tuisblad I Meer Oor Ons I Suksesverhale I Artikels I 'Franchise' I Kontak Ons |
|
Tuisblad |
Fyn Motoriese BewegingsDit is die fyn spierbewegings van die liggaam. Die normale alledaagse aktiwiteite van die kind en veral die klaskameraktiwiteite, stel groot eise aan die kind se fyn motoriese koördinasie. Van die kind word verwag om ‘n groot aantal baie akkurate bewegings met die vingers en die hande uit te voer, bv. wanneer hy teken, inkleur, nateken en skryf. Die kind het dus baie oefening nodig in die ontwikkeling van fyner spiertjies van die hand. Die kind met onvoldoende fyn motoriese ontwikkeling sal dit moeilik vind om knope vas te maak, strikkies te knoop, teken, inkleur, skryf, of enige taak uit te voer waar hy sy vingers moet gebruik. |