Edublox-Klasse
Die meeste van ons aanvaar die ongelooflike prosesse wat in ons brein gebeur as vanselfsprekend. Elke bietjie inligting, elke vraag, elke brokstukkie sensoriese inset word teen die spoed van lig verwerk sodat ons kan analiseer, integreer, besluit, antwoord en leer.
Leerders met leertekorte word dikwels in die steek gelaat deur hierdie outomatiese prosesse. Die verstaan van nuwe inligting, wat eenvoudig moet wees, verg inspanning. Leer, wat maklik moet wees het, is ‘n frustrerende ervaring. Lees, wat al foutloos behoort te wees, is stadig en moeisaam. Probleme mag ook die volgende insluit:
- Swak konsentasie en verlies van fokus
- Omkerings van letters en/of syfers
- Spelprobleme
- Om huiswerk gedoen te kry is ‘n beproewing
- Ten spyte van spesiale hulp en ekstra klasse, raak die leerder al hoe meer agter op skool.
Edublox-Klasse Kan Jou Kind
Se Lewe Verander!
Edublox Lees- en Leerklinieke spesialiseer in breinopleiding wat kinders slimmer maak, en hulle help om vinniger, makliker en beter te leer en lees.
Eienskappe
- Ons metodes is die eind-resultaat van 30 jaar se ondervinding in die praktyk, en die gesamentlike inspanning van vyf dekades se intensiewe navorsing oor lees en leer.
- 'n Assessering help om die oorsaak van die leerder se lees- en leerprobleme te bepaal, en om op ‘n aksieplan te besluit.
- 'n Veilige en uitdagende omgewing word geskep om optimale leer te verseker.
- 'n Balans tussen een-tot-een rekenaaropleiding en kleingroepie-onderrig word gehandhaaf, sowel as tussen brein-oefeninge en toepassing in die vorm van lees- en speloefeninge.
- Gehaltebeheer word gewaarborg deurdat die lesse gereeld op video opgeneem word, en opleiers terugvoer gegee word oor die gehalte van die aanbieding.
- Studiblox, ‘n 15-uur lange kursus oor studietegnieke en studiemetodes kan as opvolg bygewoon word, nadat leerders hulle lees- en leerprobleme oorkom het.
Voordele
- Verskerp aandag en konsentrasie, ontwikkel akkurate persepsie, verbeter geheue en bevorder logiese denke.
- Verbeter lees, spel en skryf. Selfs leeders wat ernstig dislekties is kan gehelp word om hulle probleme te oorkom.
- Kan IK met tot 10 IK-punte verhoog.
- Verbeter skoolprestasie. Gemiddelde — en selfs swak — presteerders word dikwels toppresteerders.
- Verbeter selfbeeld en interpersoonlike kommunikasie.
- Skep ‘n basis vir lewenslange leer.
As jy lewenslange opvoedkundige sukses vir jou kind begeer, kontak Edublox sodat ons vir hom of haar die gereedskap vir leer kan gee. Dis 'n belegging vir altyd!
|