| Home I About Us I Success Stories I Articles I Franchise I Contact Us |
|
Home |
Edublox Clinic in Vereeniging
Die Edublox-kliniek in Vereeniging staan onder beheer van Marietha Mare, 'n kranige sportvrou en bibliotekaresse wat besorgd geraak het omdat kinders algaande minder lees. Met verdere ondersoek het sy ontdek dat die kinders nie lèès nie omdat hulle nie kàn nie. Lees is moeilik, aldus lees hulle nie. Marietha het besluit om iets aan die saak te doen. Sy het op Edublox afgekom, dit ondersoek en besluit dat dit die antwoord is. Sy het verskeie kursusse by die “vader” van Edublox gedoen, en later opgetree as Meesteropleier om mense in die gebruik van Edublox-programme op te lei. Marietha is dus al meer as 'n dekade betrokke by die kognitiewe opleiding van kinders. Alhoewel sy op skool en universiteit uitgeblink het in hoogspring, netbal en tennis, het sy haar drome van Wimbledon laat vaar om kinders met hulle leerprobleme te help. Daar is vir haar niks lekkerder as om te sien hoe 'n seun, wat gevaar loop om Graad 3 te druip, na 'n paar maande se Edublox-klasse een van die top-presteerders in Graad 4 word nie. 'n Meisie wat nie kon spel nie kry nou sterretjies op haar speltoetse en dit is wat Marietha inspireer en aan die gang hou. Marietha spandeer haar spaartyd saam met haar man en kinders.
Contact Details: |