Disleksie
Daar bestaan baie onsekerheid oor die presiese betekenis van die term "disleksie". Dit is miskien een van die redes waarom sommige mense ontken dat dit bestaan. Mens hoor dikwels ouers was sê: "My kind het 'n leesprobleem, maar hy is nie dislekties nie." Dit is dus nodig om te verduidelik wat met die term bedoel word.
Die term "disleksie" is saamgestel uit twee Griekse woorde wat beteken "swak lees". Dit is al wat onder die term verstaan moet word en niks meer nie, behalwe dat spel en skryf, as gevolg van hulle noue verband met lees, ook daarby ingesluit word.
Hier is 'n paar feite oor disleksie:
- Disleksie is 'n algemene probleem. Volgens 'n Yale-studie is 1 uit elke 5 mense dislekties.
- Daar word geskat dat 70 tot 85 persent van kinders met leergestremdhede dislekties is. Sommige navorsers is van mening dat hierdie persentasie selfs hoër is en dat onder "leergestremd" eintlik "leesgestremd" verstaan moet word.
- Dislektici se intelligensie wissel van gemiddeld tot bo-gemiddeld.
- Disleksie, soos hoë bloeddruk, wissel in graad.
- Die mees algemene manifestasie is 'n probleem om woorde te herken. Swak mondelinge lees, wat gekenmerk word deur woorde te vervang, weg te laat en by te voeg, sowel as omkerings van klanke, letters, lettergrepe en woorde, is algemeen.
- Terwyl baie dislektiese persone letters soos b en d verwar wanneer hulle lees, of wanneer hulle skryf, is dit nie die enigste simptoom van disleksie nie. Daar is baie ander simptome.
- Dislektici sien nie woorde agterstevoor nie. Omkerings word hoofsaaklik veroorsaak deur 'n perseptuele probleem.
- Mense met disleksie het dikwels meer probleme met spelling as met lees.
- Disleksie gaan dikwels gepaard met 'n swak korttermyn ouditiewe geheue en/of swak korttermyn visuele geheue.
- Baie dislektici het 'n probleem met opeenvolging, dit is, om iets in volgorde waar te neem en die reeks te onthou.
- Dislektici het dikwels swak koördinasie, veral swak fyn-motoriese beheer en swak oog-hand koördinasie.
- Leesprobleme wat verband hou met swak visuele prosessering word visuele disleksie genoem, terwyl leesprobleme wat met 'n agterstand in ouditiewe prosessering gepaard gaan ouditiewe disleksie genoem word.
- Albert Einstein, Leonardo Da Vinci, Thomas Edison, Walt Disney, Winston Churchill en Hans Christian Andersen was nie dislekties nie.
- Disleksie kan nie effektief met tradisionele leesmetodes en -programme behandel word nie.
- Kognitiewe terapie soos aangebied by Edublox lees- en leerklinieke is die mees effektiewe behandeling vir disleksie.
|