Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I   Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Meer Oor Ons

Vrae en antwoorde oor Edublox:

Wat is Edublox?

Edublox is 'n lees- en leerkliniek waar leerders klasse bywoon om hulle lees- en leervaardighede te ontwikkel en te verbeter. Die totstandkoming van 'n kliniek is gelyktydig
  • 'n nuwe onderneming (die eerste kliniek het in Februarie 2007 geopen),
  • die eind-resultaat van 30 jaar se ondervinding in die praktyk, en
  • die gesamentlike inspanning van vyf dekades se intensiewe navorsing oor lees en leer.

Tydens díe 30 jaar het ons duisende leerders gehelp, nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd. Hieronder is grepe van geselekteerde kommentare en bedankings wat ons gedurende hierdie jare ontvang het.

Sommige van die programme wat uit ons navorsing voortgespruit het word na agt lande uitgevoer, maar die nuutste en beste tegnieke en metodes word eksklusief in die Edublox klinieke gebruik en aangebied.

Kommentare:

"It is based on scientific learning and reading principles that have been researched over a period of years... It provides answers to many of the riddles that have been plaguing experts on the subject of learning and reading problems.… For the first time there is real hope in the battle against learning and reading problems." — Prof E J van Niekerk, UNISA

"I have referred many students so that they might follow the program... Without exception I was impressed by the positive results that were achieved." — Dr B H du Toit, psychologist, University of Pretoria

"It has proved to be the most effective method — not only is it easy to administer but it has appeal to the students. ...students are showing real, measurable progress." — Mr Robert Tucker, deputy headmaster, International School, Malawi

"Teachers noted that pupils who attended these sessions were far better in class than previously. Their attention span had increased, leading to better academic performance." — Mr Peter Nel, principal, South Africa

"To me, the most important further aspect that needs to be highlighted is the fact that it enhances the holistic development of the child. From very early in life they are turned into realistic thinkers with a broader vision of what the learning process is all about." — Mr R J Stevens, principal, South Africa

"It is an extremely effective program for enhancing the training of many skills required in the learning process, eg: visual sequencing, visual memory, auditory memory, auditory sequential memory, eye-span movement, logical thinking and concentration/attention span." — Mrs A Burger, teacher at a remedial school in Cape Town

"I had one child in the class that I had been doing remedial work with the previous three years with no sign of progress. He remained a real worry to me as to his parents. After only one year on the program he ended up at the end of last year in the top of his class. He has gained confidence in his abilities and I feel is on the road to success." — Mrs P J Spibey, remedial teacher, Australia

"I would like to compliment you on a wonderful product. The improvement in the children's reading and spelling ability after a year was great. I had no children with spatial problems. They could all sequence and their memories improved." — Mrs R Potgieter, Grade 2 teacher, Bryandale Primary School

"After 6 months there was remarkable improvement and after one year her progress was incredible… What I find most pleasing of all is that this child, who had no self-confidence and no courage, is now able to handle situations with such self-assurance, and even to take the lead in class." — Mrs F Noeth, teacher, South Africa

"Allen's grades have improved dramatically. He passed his first social studies test this school year, scoring 85%. His classroom teacher has noted improvement in his reading skills. Perhaps the most rewarding progress has been in the area of self-esteem." — Carole Derrick, primary grades teacher, USA

"I just would like people to know how wonderful it is to have something at last that works for the child!… Because their focus is so much better we have less homework and what we have goes quickly. Their spelling has greatly improved and learning new words has become a game, not the dreaded chore it once was." — Nita Brist, parent, Washington State, USA

"He enjoys reading so much that it isn't unusual to see him reading for pleasure now. The first time I heard him say he was 'going to bed a little early so he could read before going to sleep' was music to my ears!!… He is in a combined Geometry/Algebra course and lately his scores have been in the 90's or above on his daily work and tests." — Sheri Browning, parent, Kuwait

"Now my son is a Freshman in High School. We just received his first semester report card and I am so excited to say that he received an A in both English and Math. I can't thank you enough for developing a program that truly stands up to your promises and offers hope to those who struggle." — Teresa M., parent, California, USA

"In three months, he excelled from no hope being held of passing the grade to passing… At the end of January a visagraph was done to assess Dieter's reading ability. He was reading at a Grade 2 level. On 21 May, another assessment was done. He is now reading at a second term, Grade 9 level." — Mrs A Grünewald, parent, South Africa

"I just received his report card where he got a 75 in reading and a 72 in writing. This is phenomenal for a so-called dyslexic who used to average in the 40's! He recently told me that he no longer gets a stomach ache when he reads. He can now read for an unlimited time period whereas before he could only go for 5 minutes or so." — Laura Trudel, parent, Quebec, Canada

"The boy did his mid-term test so well he was rewarded the most improved child in his class. He scored 433 marks out of 500 where he used to score less than 350. He is so happy with his results and he is very confident that he will still perform well in the end of year exam. " — Phyllis Kariuki, parent, Kenya

"Within a month, she was able to remember how to spell a few words, and then just like a baby learning to talk, she began to experience a rapid snowball effect…. Six months ago, her spelling tested at a Kindergarten level, and is now at a 6th grade level. This is just still so amazing to all of us who have struggled with her."— Mrs Adams, parent, New Mexico, USA

"We have been doing it now for about a month and I can already see major improvements! Even his Sunday school teachers at our parish have noticed an improvement in his ability to write with little assistance. His self-confidence is up and he actually likes reading now! He used to hate it…" — Shannon Bruck, parent, USA

"He finished the school year on a real high. His reading age went up by 2 years in less than 6 months and he is now making far fewer mistakes and is also self correcting himself when it doesn't make sense. His spelling age improved as well and he also did really well in the end of year exams..." — Jenny Critchley, parent, UK

"At the end of Grade 1 Ulandi could not read at all…. Now, at the end of Grade 2, she can read anything! Her spelling is also good. Her relationship with her friends has also improved. She even participates in athletics now, which she previously avoided." — Mrs A Hartzer, parent, South Africa

Wat doen Edublox?

Lees is die belangrikste vaardigheid wat 'n kind op skool moet verwerf, want hy leer om te lees met 'n bepaalde doel voor oë — sodat hy kan lees om te leer. Om behoorlik te kan lees — vanselfsprekend is spel en skryf hierby ingesluit — is dus die grondslag van, of voorvereiste vir leersukses op skool, en uiteindelik ook 'n belangrike bepaler van 'n mens se beroepsukses in die toekoms.

'n Kind, wat nie behoorlik kan lees nie, se toekoms is duister. Die swak leser het nie net 'n agterstand teenoor goeie lesers nie, maar in werklikheid bou hy met verloop van tyd 'n al hoe groter agterstand teenoor goeie lesers op. Soos wat Stanovich dit in 'n artikel in die Reading Research Quarterly uitdruk, "die armes word al hoe armer en die rykes word al hoe ryker."

Edublox se missie is daarom om kinders se leervermoë — maar veral hulle leesvermoë — te verbeter, sodat hulle die genot van prestasie kan smaak.

Wat is die leerbeginsels grondliggend aan Edublox se tegnieke en metodes?

Terwyl ander leerbeginsels ook van belang is, is een van die vernaamste beginsels waarop ons programme, tegnieke en metodes gebaseer is — en wat verseker dat ons uitsonderlike resultate behaal — die beginsel dat leer 'n laagsgewyse gebeure is.

Hierdie beginsel, dat leer 'n laagsgewyse gebeure is, kan aan die hand van enige sportsoort, soos byvoorbeeld yshokkie, verduidelik word. Voordat 'n persoon yshokkie kan speel, moet hy eers leer om baie goed te skaats. Nadat hy geleer het om vorentoe te skaats, moet hy ook leer om agteruit te skaats en om binne 'n oogwink te kan stop of van rigting te verander. Wanneer hy hierdie vaardighede so goed bemeester het dat hulle as't ware geoutomatiseerd geraak het, is hy gereed vir die volgende vlak, naamlik om al die elemente, waaruit yshokkie bestaan, te bemeester. Dan kan hy begin leer om die rubberskyf met sy yshokkiestok te beheer, om dit uit te gee en te skiet, en om sy opponent te stamp of te skouer. Nadat hy al hierdie vaardighede bemeester het en intussen ook die reëls van die spel geleer het, kan hy begin om hierdie vaardighede in die spelsituasie toe te pas.

Net soos wat daar 'n verskeidenheid van vaardighede is wat 'n voorvereiste vir yshokkie is, so is daar 'n verskeidenheid vaardighede wat laagsgewys een na die ander aangeleer moet word en wat as voorvereistes vir lees en leer as sodanig dien. Hierdie vaardighede sluit onder andere die volgende in:

  • Aandag en konsentrasie;
  • Persepsie — visueel, ouditief en hapties;
  • Die vermoë om te kan diskrimineer, sintetiseer en analiseer in terme van voorgrond-agtergrond, vorm, grootte, kleur, en posisie in die ruimte;
  • Spoed van prosessering;
  • Fonemiese bewustheid;
  • Geheue — kort- en langtermyn, visueel en ouditief;
  • Die vermoë om te kan dekodeer en inligting te kan integreer.

Deur hierdie grondvaardighede in die onderbewussyn te stoor word hulle geoutomatiseer. Terselfdertyd kry die leerder ook die geleentheid om hierdie grondvaardighede onmiddellik in die praktyk toe te pas. Die resultaat is verbeterde lees- en leervermoë wat lei tot beter skoolprestasie, en terselfdertyd ook die leerder se selfbeeld bou en sy/haar selfvertroue bevorder.

My kind het hulp nodig. Wat is die stappe wat gevolg word?

'n Probleem kan gewoonlik nie opgelos word tensy mens weet wat die probleem veroorsaak nie. Die doel van die assessering, wat die eerste stap is en ongeveer twee ure duur, is om vas te stel wat die leerder se lees- en/of ander leerprobleme veroorsaak.

Na die assessering word die resultate met die ouers bespreek en aanbevelings, wat natuurlik bepaal word deur die aard en graad van die probleem, word gemaak.

Gewoonlik, indien die leerder in die nabye omgewing bly, word een klas per week, gekombineer met tuiswerk van 'n paar minute per dag, aanbeveel. Klasse word in die middae, Maandae tot Donderdae, en Saterdagoggende aangebied; elke klas duur 1½ uur.

Kontak ons gerus om 'n assessering te reël.

My kind het nie 'n leerprobleem nie, maar ek wil graag sy lees- en leervaardighede laat opskerp. Sal die klasse ook vir hom werk?

Natuurlik. Net soos wat 'n atletiese kind voordeel sal trek uit atletiekafrigting, sal 'n intellektueel talentvolle kind voordeel trek uit kognitiewe afrigting, en kan hy ontwikkel in 'n "groot intellektuele ster".

Ek bly heeltemal te ver om my kind na die klasse te bring. Wat nou?

Tuisprogramme wat leerders se spesifieke leerprobleme aanspreek word na die assessering aanbeveel wanneer dit vir ouers onmoontlik is om hulle kinders by die klasse te besorg.

Ons intensiewe vakansiekursus is 'n ander moontlikheid om te oorweeg.