Belangstelling
Die Psigologie-Woordeboek (Louw et al., 1979) definieer “belangstelling” soos volg:
- ‘n Houding wat meebring dat die individu voorkeur gee aan bepaalde aktiwiteite en objekte. Dit gaan gepaard met die gevoel dat die betrokke objek, saak of aktiwiteit waardevol of betekenisvol is. Verder impliseer dit ‘n toestand van motivering of ingesteldheid wat gedrag in ‘n bepaalde rigting of na ‘n bepaalde doelstellings lei.
- Die eindresultaat van emosionele en motiverende prosesse.
|