Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I    Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Behoefte

Die Psigologie-Woordeboek (Louw et al., 1979) definieer “behoefte” soos volg:

  1. ‘n Toestand van gebrek aan iets wat vir die welsyn of goeie funksionering of geluk van die organisme bevorderlik sou wees. So ‘n toestand spoor die organisme aan tot handelinge wat daarop gerig is om ‘n toestand te bereik waar die behoefte nie meer bestaan nie. Daar word gewoonlik onderskei tussen fisiese behoeftes van die liggaam, bv. aan vloeistof, voedsel en suurstof (primêre behoeftes) van ‘n meer psigiese aard, bv. aan liefde, sekuriteit en prestasie (sekondêre behoeftes).
  2. Die motief wat uit so ‘n gebrek ontstaan, nl. die drang om dit wat benodig word, te verkry.
  3. ‘n Krag in die breinarea wat weens ‘n tekort ontstaan en wat die individu se denke, persepsie en gedrag op so ‘n wyse beïnvloed dat die onbevredigende toestand verander word.