Tuisblad   I   Meer Oor Ons   I   Suksesverhale   I   Artikels   I   'Franchise'   I   Kontak Ons   

Artikels

Wat is Disleksie?
Daar bestaan baie onsekerheid oor die presiese betekenis van die term "disleksie". Dit is miskien een van die redes waarom sommige mense ontken dat dit bestaan. Mens hoor dikwels ouers wat sê: "My kind het 'n leesprobleem, maar hy is nie dislekties nie." Dit is dus nodig om te verduidelik wat met die term bedoel word. Lees meer...

Wat Veroorsaak Leesprobleme?
Miljoene kinders dwarsoor die wêreld sukkel om te leer lees. Die realiteit is dat 'n groot deel van hierdie kinders volwassenes met leesprobleme word. Om te verstaan wat leesprobleme veroorsaak, is dit nodig om 'n fundamentele kenmerk van die mens in ag te neem, naamlik dat die leerproses by die mens 'n laagsgewyse gebeure is. Lees meer...

Die Grondvaardighede van Lees
Daar is bepaalde vaardighede en ervaringe wat die grondslag van lees vorm, en as 'n persoon nie die vaardighede wat ten grondslag lê aan lees deeglik bemeester het nie, sal hy 'n swak leser wees en 'n swak leser bly, totdat iemand hom eers die grondvaardighede laat inoefen het. Tensy dit gedoen word, sal alle ander pogings vrugteloos wees. Lees meer...

Spelprobleme Word Só Oorwin
Leerders met leesprobleme het dikwels ook spelprobleme, en dikwels is hulle spelprobleme selfs groter as hulle leesprobleme, sê Hallahan e.a. in hulle boek Introduction to Learning Disabilities. Wanneer ‘n mens lees, kan die konteks en ander wenke jou help om ‘n woord te ontsyfer, maar in spelling moet mens die woord skryf nadat jy dit gehoor het, of daaraan gedink het. Lees meer…

Wat Is Persepsie?
Voordat 'n persoon iets kan leer, moet persepsie eers plaasvind, d.w.s. hy moet dit deur een of meer van sy sintuie kan waarneem. Gewoonlik moet 'n mens dit hoor of sien. Daarna moet dit, wat waargeneem is, interpreteer word. Lees meer...

'n Swak Geheue Kan Leer Belemmer
Om te kan leer, moet 'n persoon iets wat hy waargeneem het, kan stoor om dit sodoende later weer te kan herroep. Die mens se vermoë om te kan memoriseer of onthou, maak leer dus moontlik. Lees meer...

Logiese Denke Moet Geleer Word
Daar bestaan duidelike bewys daarvoor dat spesifieke opleiding in logiese denke mense "slimmer" maak. Sodanige opleiding stel kinders in staat om ontwykende antwoorde soos "ek weet nie", of "dit is te moeilik", te vermy. Lees meer...

Die Rol van Oogspan in die Leesproses
'n Swak leser sal geneig wees om meer dikwels te pouseer vir fiksasies, en die duur van elke fiksasie is gewoonlik ook langer as by die normale leser. Deur die leerder se oogspan te verwyd, kan die aantal fiksasies en die duur van die fiksasies verminder word, wat tot 'n vinniger leesspoed lei. Lees meer...

Het My Kind Sy Leerprobleem Oorgeërf?
Vele navorsers is van mening dat 'n leergestremdheid 'n genetiese disfunksie is wat oorgeërf word van geslag tot geslag. Volgens een Amerikaanse studie verhoog die risiko dat 'n kind 'n leesprobleem sal hê viervoudig tot dertienvoudig, as een van die ouers ook so 'n probleem gehad het. Is 'n kind dus gedoem tot mislukking as daar 'n familiegeskiedenis van leerprobleme is? Lees meer...

Ander Artikels:
Die Mens is Afhanklik van Leer
Die Rol van Ouditiewe Geheue in die Leerproses
Feite oor Visuele Geheue
‘Franchise’ Geleentheid: Onderrig met ‘n Verskil
Geletterdheid in Suid-Afrika ‘n Krisis
Hier Word Leerders Gehelp
Praat Jou Kind Slim
Ses Maniere om Jou Verstandsvermoë te Verbeter
Meer Oor...